Nuwe Baadjie New Jacket

Bekende Afrikaanse Sanger/Liedjieskrywer Jannie du Toit nooi jou om sy musiek in

Placeholder Picture

te tooi.

Jannie du Toit se musiekloopbaan is soos ʼn goue draad wat die afgelope vyftig jaar deur die Afrikaanse musieklandskap kronkel. As deel van die Musiek- en Liriekbeweging van die laat sewentigs het hy nog altyd daarna gestreef om woorde en musiek in Afrikaans artistiek gesproke in ‘n gelukkige huwelik te verenig. Hy was aanvanklik deel van die folk-groep Trilogie wat in 1976 ʼn eervolle vermeldingsprys in die American Song Festival gewen het met hulle liedjie “Droom langs stille waters”. Alhoewel hy hom as prokureur bekwaam het, het hy ‘n solo-loopbaan begin, omdat musiek-maak die ding was wat hy vir die res van sy lewe wou doen. Hy is vandag baie dankbaar dat dit inderdaad tot dusver gebeur het. Dit was veral “ʼn Liedjie vir jou” wat hy in 1978 geskryf het, wat gehore regop laat sit en aan hom ʼn platekontrak besorg het.

Jannie het deur die jare nie net in Afrikaans en Engels gesing nie maar ook die musiek van Europese kabaretkunstenaars soos Jules de Corte (Nederlands) en Jacques Brel (Frans) by sy repertorium ingesluit. Die groot aantal liedjies wat hy gedurende 'n halfeeu geskryf het, word deur baie van sy aanhangers as sy belangrikste bydrae tot Afrikaanse musiek beskou. Hy beskou die 25 jaar wat hy saam met die briljante pianis, komponis, verwerker en begeleier, Christa Steyn, gewerk het, steeds as die grootste hoogtepunt van sy loopbaan.

Jannie het op 13 Desember 2021 sy 70 ste verjaarsdag gevier en op dié dag het die kompetisie, ʼn Nuwe Baadjie, afgeskop. Hy bied die kompetisie - gemik op musikante van 35 jaar en jonger - in samewerking met die ATKV, VONK MUSIEK en RADIO ROSESTAD in Bloemfontein aan. Die idee is dat deelnemers na Jannie se liedjies kan luister en daarvoor ʼn nuwe baadjie aantrek. Daar is 50 mp3’s van sy liedjies onder “Musiek” op hierdie webwerf geplaas wat jong kunstenaars in enige denkbare musiekvorm kan verwerk, oftewel ‘n nuwe baadjie daarvoor aantrek.

Inskrywing is gratis en die kompetisie sluit om middernag op 13 Mei 2022.

Lees persvrystelling hier

n Nuwe Baadjie Persvrystelling

'n Nuwe Baadjie projek aangebied deur:

Jannie du Toit

Kontak:  nuwebaadjie@agterplaas.co.za

In samewerking met:

ATKV

Vonk Musiek

Rosestad 100.6

thewebman.co.za